Foto’s: Hoe change hulle

Die ghetto het ’n manier van mense insluk en dan maak asof dit is hoe dinge moet wees. Shelly is in die tronk. Hy praat uit die hart oor sy ouers, sy vriende, die government en selfs Lolla, wat elke keer haar outjie vergewe as hy haar verneuk. Shelly is ’n man wat niks het […]

Foto’s: Huppelkind

Pragtige poppe en uitstaande stemwerk gee nuwe lewe aan W.O. Kühne se klassieke Huppelkind. Fotograaf: Retha Ferguson

Foto’s: Jakkals & Wolf Onbeperk

Jakkals en Wolf Onbeperk bied ’n humoristiese en kontemporêre blik op die bekende dierestories wat al vir langer as ’n honderd jaar deel van ons inheemse storieskatkis is.  Met: Kabous Meiring, Wahnice du Toit, Robert Hindley, Cantona James, Veronique Jephtas, Ané Koegelenberg, Melissa Myburgh, Alistair Seymour, Nisa Smit, Devonecia Swartz, Wian Taljaard, Frazer Barry, Deniel Barry, Breyten Treurnicht Fotograaf: Stefan […]

Foto’s: Kamphoer – Die verhaal van Susan Nell

Kamphoer is gegrond op die ware verhaal van Susan Nell, wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir dood agtergelaat is, maar wie se paaie later weer met dié van haar verkragter kruis. Sandra Prinsloo speel die uitdagende rol van Susan Nell in hierdie eenvroudrama onder regie van die veelbekroonde, internasionaal gerekende Lara […]

Foto’s: Karen Zoid 20 Jaar Pops

20 jaar, 20 songs. Karen Zoid het twee dekades in die musiekbedryf met ’n eksklusiewe vertoning by die Toyota US Woordfees gevier saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes. Foto’s: Stefan Els

Foto’s: Karoo Suite 2 – Karoonagte

Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suite het die afgelope drie jaar gehore op hulle voete gehad. Hulle keer terug met ’n aangrypende opvolg-produksie. Karoo Suite 2: Karoonagte verwys na Deon se gelyknamige boek en Coenie se bekende lied. Dis nagverhale deur Deon Meyer wat hy self op die verhoog vertel. Die musiek […]

Foto’s: Kraai

John besluit om ’n blaaskans te neem van sy kêrel en loop hom vas in die vrou van sy drome. Uit skuldgevoelens en besluiteloosheid reël hy ’n ontmoeting met al die betrokke partye om uitsluitsel te kry. Mike Bartlett se prikkelende storie werp ’n speelse dog hartroerende blik op seksualiteit en die besef dat jy […]

Foto’s: My mense is die kluts kwyt (groot)

’n Blitsvinnige, vlymskerp komedie in die tradisie van Monty Python en eenbedrywe deur Christopher Durang. Ná die sukses van My mense is die kluts kwyt, kyk My mense is die kluts kwyt (is groot) weer met ’n vars satiriese oog na die Afrikaner met al sy geite, vooroordele en fobies. Met: De Klerk Oelofse, Roeline […]

Foto’s: NiksAllesTogIets

De Bois en Manie wil die wêreld red. Dit lyk goed op De Bois se CV, veral as hy die titel as Meneer Suid-Afrika uiteindelik wil verower. Manie het ’n meesterplan, maar om die wêreld ‘n beter plek te maak is ’n groot verantwoordelikheid. Hulle plan is te klein vir twee. Met: Robert Hindley, Allistair Seymour, […]

Foto’s: Openingsaand van die Take-a-STAND-gespreksreeks

Die eerste Take-a-STAND Dialogues-gespreksreeks is op Vrydagaand, 19 Februarie, geopen deur die US-rektor, prof. Wim de Villiers, en die Nederlandse ambassadeur, Han Peters. Die internasionaal gevierde danser-choreograaf Gregory Maqoma het die programrede, “Teater vir wie? Dans vir wat?”, gelewer. Sy toespraak oor die bestaansreg en rol van teater en dans in die kontemporêre wêreld is […]