John besluit om ’n blaaskans te neem van sy kêrel en loop hom vas in die vrou van sy drome. Uit skuldgevoelens en besluiteloosheid reël hy ’n ontmoeting met al die betrokke partye om uitsluitsel te kry. Mike Bartlett se prikkelende storie werp ’n speelse dog hartroerende blik op seksualiteit en die besef dat jy dalk kán kies wie jy liefhet. Wessel Pretorius het dié stuk in sy vertaling aangepas vir ’n Afrikaanse konteks.
Met: Wynand Kotze, Wian Taljaard, Karli Heine, Stian Bam