Beleef die fees in foto’s
Die laaste regte magic

Die teatermaker Nico Scheepers het vinnig naam gemaak met Amper, Vrystaat en Nêrens, Noord-Kaap. Vanjaar is hy by die Toyota US Woordfees met drie toneelstukke – Die engel by die dam, Triple Axel en die Fiësta-benoemde Tien duisend ton. Inspirasie is oral om ons, sê die dramaturg-regisseur Nico Scheepers. Soms klim woorde en beelde van nêrens af in jou kop in, en dan […]
Die vermoeienis van vlerke

Sara is bipolêr, kompulsief, spring-lewendig en haat vroue wat weet hoe om cupcakes te maak. Haar man is op ’n missie om die regte behandeling vir haar te vind. Dié kragtige stuk oor vriendskap, wan-funksionaliteit, ver-sla-wing en engele is ’n boeiende blik op die impak van gemoedsteurnisse op ’n gesin. Saartjie Botha het die internasionaal bekroonde The […]
Foto’s: All who pass

1974: Uitsetting. Die inwoners van Distrik Ses word deur die apartheid-regime uit die hart van Kaapstad verskuif. ’n Gesin bring hul laaste nag in hul huis deur. 2019: Restitusie. ’n Dogter keer terug om haar erfporsie op te eis en word oorweldig deur herinneringe. Kan sy die spoke van die verlede uitdryf? Met: Elton Landrew, Iman […]
Foto’s: Die poet, wie’s hy?

Adam Small, het nie in diens van politiek of enige sosiale gelofies gestaan nie. Sy trou het by sy gewete gelê. Sy taal het ‘n atmosfeer, ’n merkwaardige teenwoordigheid, ‘n presence geskep. Dit dra die volle lot en noodlot van die mense wat dit praat. Wie’s die poet, wat ons steeds help om ons herkoms […]
Foto’s: Die Sonkamer

Almal word oud. Sommiges word onthou. Meeste word vergeet. In Huis Aristea bly daar egter ’n klein gemeenskap bejaardes wat hul stories wil deel. Dosyne onderhoude, briewe en opnames is in hierdie eksperimentele verbatimteaterstuk saamgestel en neem jou op ’n dokumentêre reis deur die lewe, liefde, leed, en die ontnugterende wag op die dood. Kwesbare […]
Foto’s: Hoe change hulle

Die ghetto het ’n manier van mense insluk en dan maak asof dit is hoe dinge moet wees. Shelly is in die tronk. Hy praat uit die hart oor sy ouers, sy vriende, die government en selfs Lolla, wat elke keer haar outjie vergewe as hy haar verneuk. Shelly is ’n man wat niks het […]
Foto’s: Huppelkind

Pragtige poppe en uitstaande stemwerk gee nuwe lewe aan W.O. Kühne se klassieke Huppelkind. Fotograaf: Retha Ferguson
Foto’s: Jakkals & Wolf Onbeperk

Jakkals en Wolf Onbeperk bied ’n humoristiese en kontemporêre blik op die bekende dierestories wat al vir langer as ’n honderd jaar deel van ons inheemse storieskatkis is. Met: Kabous Meiring, Wahnice du Toit, Robert Hindley, Cantona James, Veronique Jephtas, Ané Koegelenberg, Melissa Myburgh, Alistair Seymour, Nisa Smit, Devonecia Swartz, Wian Taljaard, Frazer Barry, Deniel Barry, Breyten Treurnicht Fotograaf: Stefan […]
Foto’s: Jo Black

Foto’s: Pierre Rommelaere
Foto’s: Kamphoer – Die verhaal van Susan Nell

Kamphoer is gegrond op die ware verhaal van Susan Nell, wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir dood agtergelaat is, maar wie se paaie later weer met dié van haar verkragter kruis. Sandra Prinsloo speel die uitdagende rol van Susan Nell in hierdie eenvroudrama onder regie van die veelbekroonde, internasionaal gerekende Lara […]
Foto’s: Karen Zoid 20 Jaar Pops

20 jaar, 20 songs. Karen Zoid het twee dekades in die musiekbedryf met ’n eksklusiewe vertoning by die Toyota US Woordfees gevier saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes. Foto’s: Stefan Els