Foto’s: Karoo Suite 2 – Karoonagte

Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suite het die afgelope drie jaar gehore op hulle voete gehad. Hulle keer terug met ’n aangrypende opvolg-produksie. Karoo Suite 2: Karoonagte verwys na Deon se gelyknamige boek en Coenie se bekende lied. Dis nagverhale deur Deon Meyer wat hy self op die verhoog vertel. Die musiek […]

Foto’s: Kraai

John besluit om ’n blaaskans te neem van sy kêrel en loop hom vas in die vrou van sy drome. Uit skuldgevoelens en besluiteloosheid reël hy ’n ontmoeting met al die betrokke partye om uitsluitsel te kry. Mike Bartlett se prikkelende storie werp ’n speelse dog hartroerende blik op seksualiteit en die besef dat jy […]

Foto’s: My mense is die kluts kwyt (groot)

’n Blitsvinnige, vlymskerp komedie in die tradisie van Monty Python en eenbedrywe deur Christopher Durang. Ná die sukses van My mense is die kluts kwyt, kyk My mense is die kluts kwyt (is groot) weer met ’n vars satiriese oog na die Afrikaner met al sy geite, vooroordele en fobies. Met: De Klerk Oelofse, Roeline […]

Foto’s: NiksAllesTogIets

De Bois en Manie wil die wêreld red. Dit lyk goed op De Bois se CV, veral as hy die titel as Meneer Suid-Afrika uiteindelik wil verower. Manie het ’n meesterplan, maar om die wêreld ‘n beter plek te maak is ’n groot verantwoordelikheid. Hulle plan is te klein vir twee. Met: Robert Hindley, Allistair Seymour, […]

Foto’s: Salome

Etienne le Roux se Sewe dae by die Silbersteins kry ’n herinterpretasie in hierdie nuutgeskepte eenmanvertoning. Een mens se tragie-komiese poging om homself te artikuleer in die hedendaagse Suid-Afrika.– Met Geon Nel  Fotograaf: Natalie Gabriels

Foto’s: Schalk en Cassie hou konsert

Casper en Schalk kyk terug na hul skooldae en gesels oor skolesport, debat en redenaars, danse en huispartytjies en oor hoe hulle reeds van ’n vroeë ouderdom snaakse moeilikheid gemaak het. Met: Schalk Bezuidenhout en Casper de Vries Foto’s: Pierre Rommelaere

Foto’s: Sho Madjozi en Dagdrome in die Boland

Hier is ‘n foto’s van Sho Madjozi se optrede en die Dagdrome in die Boland-konsert met Francois van Coke, Early B, Arno Carstens, Jack Parow, Tasché en verskeie ander topkunstenaars. Dit was die afskopkonsert van die Toyota Tawwe Tien-konserte op Vrydag 6 Maart. (Foto’s: Stefan Els)

Foto’s: Toyota Tawwe Tien

Fotograwe: Henry Engelbrecht, Wesley Martin, Pierre Rommelaere, Greteli Fincham, Natalie Gabriels, Stefan Els