Foto’s: Valsrivier

Die verhoogverwerking van Dominique Botha se veelbekroonde roman word aangebied deur die vervaardigers van Die reuk van appels en Kamphoer. Dié aangrypende verhaal oor familie, lojaliteit, verlies en grootword is afgeëts teen die landskap van ’n diep verdeelde Suid-Afrika. ’n Jong man se lewe stuur onafwendbaar af op ’n tragiese einde, te midde van ’n […]

Foto’s: Van Broadway na Birdstraat

‘n Geselskap van 28 sanger-danser-akteurs bring al jou gunstelingliedjies van die mees ikoniese musicals – al die pad van Broadway na Stellenbosch. Met: Corlea Botha, Germandt Geldenhuys, Timothy Moloi, André Terblanché, Lynelle Kenned, met 23 Curro Create-sangers/-dansers. Foto’s: Nanette Evenhuis

Hy loop al vyf jaar met dié idee, sê Deon Opperman

“Ek ag myself nie ’n ‘boodskap’-dramaturg nie. Ek probeer altyd om ‘n ‘slice of life’ aan te bied waarin my gehore realiteite en probleme wat tot hulle eie lewens relevant is, konfronteer, en saam met die karakters deur daardie uitdagings werk.” Só vertel die tweemalige Hertzogpryswenner Deon Opperman. ’n Nuwe toneelstuk uit sy pen, Die […]

Johannesburg-programbekendstelling

Die Toyota US Woordfeesprogram vir 2020 is ook by ‘n intieme geleentheid in Johannesburg op 19 November aan kunstenaars en media bekend gestel. Dié geleentheid het in die Dunkeld Onafhanklike Teater plaasgevind. Loftus Marais het gedigte voorgelees en Bad Peter het musiek gemaak.

Kom ons begin ‘n beweging

Die kunste is soms geneig om só te fokus op die individuele ervaring van kunstenaars, gehore, kykers en lesers, dat die waarde van gesamentlike ervaring geringgeskat en afgemaak word. Te midde van alles wat in 2019 sleg en swaar was in Suid-Afrika, is daar twee gebeurtenisse wat uitstaan en herbevestig dat die hoop nooit beskaam […]

Meesterstuk van vertroosting, hoop en vreugde

Johannes Brahms se belangrikste geestelike werk vir koor, orkes en soliste, Ein deutsches Requiem, word vanjaar by die Toyota US Woordfees opgevoer. Johan de Villiers dirigeer dié spesiale vertoning, en die Libertas-koor met Petri Salonen as konsertmeester, Zorada Temmingh op die orrel en soliste Lynelle Kenned en Conroy Scott om dié meesterstuk met ’n roerende boodskap […]

Musiek laat mense weet hulle is nie alleen nie

Mariam Batsashvili van Georgië is die eerste vroulike pianis wat die Internasionale Franz Liszt Klavierkompetisie gewen het. Sy het al saam met van die wêreld se mees gevierde orkeste opgetree, waaronder die Nederlandse Radio Filharmonie, die Koninklijke Concertgebouw Orkes, en die Rotterdam- en die Brussel Filharmonie. Sy gee vanjaar ‘n solo-klavieruitvoering by die Toyota US […]

Woordtrofees-benoemings vir 2020

Die benoemings vir vanjaar se Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak. Die wenners, wat elkeen ’n kunswerk deur Theo Paul Vorster, ’n trofee en bedrag geld sal ontvang, word volgende week aanlyn op alle platforms aangekondig. Genre-spesifieke kenners en rolspelers is as paneellede per afdeling gebruik. Vanweë die omvang van die program in […]

Woordtrofees-wenners 2020

Die wenners van die 2020 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 7 April regstreeks aanlyn via Facebook live stream bekend gemaak. Die wenners ontvang elkeen ’n kunswerk deur Theo Paul Vorster en ’n bedrag geld.  Die wenners is: WOW-onderwyser van die jaarRollan Andrews WOW-skool van die jaarKlein Nederburg Sekondêr Beste produksie: FringeMoord, op die 8ste […]