Woordtrofees-benoemings vir 2020

Die benoemings vir vanjaar se Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak. Die wenners, wat elkeen ’n kunswerk deur Theo Paul Vorster, ’n trofee en bedrag geld sal ontvang, word volgende week aanlyn op alle platforms aangekondig.

Genre-spesifieke kenners en rolspelers is as paneellede per afdeling gebruik. Vanweë die omvang van die program in sekere afdelings het Haddad Viljoen (Toneel), Heinrich van der Mescht (Klassieke musiek) en Rafiek Mammon (Kontemporêre musiek) as sameroepers ongetree. Hierdie panele het aanbevelings gemaak aan die oorsigpaneel wat verantwoordelik was vir toekennings in die kategorieë vir Beste opkomende kunstenaar(s) en Beste feesproduksie. Gillian Mitchell was die sameroeper van die oorsigpaneel, wat ook bestaan het uit Paul Boekkooi en Diane de Beer.

’n Aantal spesiale pryse sal toegeken word en die topboekverkopers in vier verskillende genres (Leefstyl, Poësie, Niefiksie en Prosa) sal aangewys word. In hierdie Woordtrofees-kategorieë is daar egter geen kortlyste nie. Ook die toprestaurant in Die Burgeroorlog sal saam met die Woordtrofees-wenners aangekondig word. 

Die benoemdes is:

Beste produksie: Fringe
5 Lesbians Eating a Quiche
Hettie se Kersfees
Kroeskop
Moord, op die 8ste gat
NiksAllesTogIets

Beste opkomende kunstenaar(s)
René Cloete – Huppelkind
Marichje de Necker – Marietjie! In Technicolor!
Gabriela Dirkse – Wag/Wait
Lynette du Plessis – Krummelpap, afval en Sunlightseepbaddens
Inge Lazarus-Crafford – Tweespoor
Daniël Meyer – #nuwe talent (visuele kuns)

Beste prestasie: Visuele kuns
Indlovukazi – Kurator: Ashley Walters
The Shape of Things to Come – Olaf Bisschoff
Toe ek 21 was – Kurator: Anne-Ghrett Erasmus

Beste prestasie: Dans
Abakhulu – The Great Ones
Krummelpap, afval en Sunlightseepbaddens
Wag / Waiting

Beste tegniese prestasie 
Johan Griesel en Revil Baselga – Klankmeng: Karen Zoid 20 jaar pops Charl-Johan Lingenfelder – Klanklandskap: Valsrivier
Kyle Shepherd, Shane Cooper en Gerhard Marx – Instrumente en musiek vir die installasie Vehicle
Chen Nakar – Stelontwerp: Die vermoeienis van vlerke Elana-Marie Snyman – Poppe: Huppelkind 

Beste prestasie: Klassieke musiek – vokaal
Conroy Scott (bariton) vir La Traviata onder leiding van José Dias en in Brahms se Requiem onder leiding van Johan de Villiers
Hemispheres met die Illinois Wesleyan University Collegiate Choir onder leiding van J Scott Ferguson en die Stellenbosch Universiteit Kamerkoor onder leiding van Martin Berger
Universiteitskoor Stellenbosch onder leiding van André van der Merwe
Lynelle Kenned (sopraan) vir haar uitvoering van Barok-arias saam met die Camerata Tinta Barocca onder leiding van Erik Dippenaar
Die Libertas-koor in Brahms se Requiem onder leiding van Johan de Villiers

Beste prestasie: Klassieke musiek – instrumentaal
Mariam Batsashvili (klavier) vir haar solo-uitvoering
Die Charl du Plessis Trio (Charl du Plessis, Werner Spies, Peter Auret) vir Imagine
Miclen LaiPang (viool) vir Beethoven se “Kreutzer”-sonate saam met die LGT Young Soloists
Liesl Stoltz (fluit) en Albie van Schalkwyk (klavier) vir Playing with Fire
Megan-Geoffrey Prins (klavier) vir sy solo-uitvoering, Finding / Being
Die Odeion-strykkwartet (Samson Diamond, Sharon de Kock, Jeanne-Louise Moolman, Anmari van der Westhuizen vir hulle uitvoering van Beethoven se Strykkwartette – op. 130 en 133.

Beste prestasie: Kontemporêre musiek – musiekgedrewe produksie
Die poet, wie’s hy?
Karoo Suite 2: Karoonagte
Nataniël: Hoekom hulle swing
Van Broadway na Birdstraat/From Broadway to Bird Street

Beste prestasie: Kontemporêre musiek – buitelugproduksie
Dagdrome in die Boland
Early B
Red Sheep       
Spoegwolf                   

Beste prestasie: Kontemporêre musiek – podiumproduksie
Amanda Strydom: Stadig oor die klippers
Refentse
Rymlied
Woorde op akkoorde

Beste byspeler (manlik)
Stian Bam – Valsrivier
Albert Pretorius – Bloudruk vir ’n nog beter lewe
David Viviers – Cellist with Rabies

Beste byspeler (vroulik)
Joanie Combrink – Bloudruk vir ’n nog beter lewe
Lukhanyiso Skosana – Brandbaar
Anna-Mart van der Merwe – Valsrivier

Beste speler (vroulik)
Rehane Abrahams – Brandbaar
Nicole Holm – Tweespoor
Jemma Kahn – Cellist with Rabies
Sandra Prinsloo – Kamphoer
Cintaine Schutte – Die dinge van ’n kind
Tinarie van Wyk Loots – Bloudruk vir ’n nog beter lewe

Beste speler (manlik)
Neels Coetzee – Die sonkamer
Robert Hindley – Valsrivier
Craig Morris – Johnny Boskak voel ’n bietjie…
Carel Nel – Bloudruk vir ’n nog beter lewe
Hannes van Wyk – Sê groete vir Ma

Beste regisseur
Marthinus Basson – Huppelkind
Jaco Bouwer – Cellist with Rabies
Andre Gerber en Anél Joubert – Die sonkamer
Janice Honeyman – Valsrivier
Juanita Swanepoel – Tweespoor

Beste ensemble
Die engel by die dam
Die intermissie
Die sonkamer
Huppelkind
In Slavenhuis 39

Beste toneelstuk 
Cellist with Rabies
Die sonkamer
Huppelkind
Tweespoor
Valsrivier

Beste produksie
Die poet, wie’s hy?
LGT Young Soloists
Valsrivier

Facebook
Twitter
LinkedIn