‘ ’n Begin’: Akteurspaar verken moderne verhoudings in Jhb
Die bekroonde akteurspaar Cintaine Schutte en Carel Nel speel volgende jaar in Johannesburg weer teenoor mekaar in ’n Begin – ’n aangrypende en delikate ondersoek na moderne verhoudings. Dis die vroeë oggendure in die nadraai van haar nuwe plek se daknatmaak. Hy is die laaste oorblywende gas. Die plek is ’n gemors en hulle ook… […]
’n Gedaanteverwisseling vir die 2021 Woordfees is in wording
Die 2021 Toyota US Woordfees sal nie in die beplande formaat van 17 tot 24 September in Stellenbosch kan plaasvind nie, maar daar word reeds hard gewerk aan ’n opwindende alternatief. Meer besonderhede oor hierdie landswye Covid-veilige viering van die kunste sal binnekort bekend gemaak word. Die kansellasie van die tradisionele fees, wat altyd maande […]
Die 2021 Toyota US Woordfees skuif na September
Die 2021 Toyota US Woordfees word aanstaande jaar vir die eerste keer ’n Stellenbosse lentefees. Dié besluit – om die fees van 17 tot 24 September 2021 aan te bied – is in oorleg met die Universiteit Stellenbosch en verskeie ander belanghebbendes geneem. Die Woordfees-organiseerders het verskeie moontlikhede ondersoek om die fees na óf Februarie […]
Die Woordfees kom huis toe – na jou toe
Die Toyota US Woordfees vind vanjaar dwarsoor Suid-Afrika en Namibië plaas – eksklusief op DStv. Die Woordfees TV-opwipkanaal première op DStv-kanaal 150 vanaf 1 tot 7 Oktober 2021. Alle DStv-intekenaars met ’n Premium- of Compact Plus-pakket sal toegang tot dié opwipkanaal hê. Die fees-TV-aanbod sal die meeste genres dek wat gewoonlik deel van die program […]
GOU KOOP OF MISLOOP!
Dis amper tyd om te speel! Die Toyota Stellenbosch Woordfees begin die naweek. ONTHOU: Alle aanbiedings is nie vir die volle duur van die fees te sien nie. Jy moet dus wikkel om dié blitsverkopers te ervaar wat net tot 1 Oktober aangebied word. Die Woordfees duur van 28 September tot 6 Oktober. Kry jou kaartjies by quicket.co.za. […]
Húlle is benoem vir 2024 Woordtrofees
Die spele is nie heeltemal verby nie – die podium wink. Die benoemings vir vanjaar se Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak, met ’n nuwe prys wat na die legendariese joernalis Martie Meiring genoem word. Die wenners, wat elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld sal ontvang, word op 28 Oktober by ’n toekenningsgeleentheid op Stellenbosch aangekondig. […]