Feesfilantroop

R100,000.00

’n Feesfilantroop is ’n entoesias, maat, voorbok, weldoener, held. Belê in die Woordfees se volhoubaarheid as platform vir die uitvoerende kunste, werkskepping, gemeenskap en diversiteit.

Voordele:

  • Twee BBP-parkeerplekke by die US Museum (feeskern) vir twee voertuie, geldig vir die volle duur van die fees (11 – 19 Oktober 2025).
  • Bespreek feeskaartjies een week voordat kaartjieverkope vir die algemene publiek open (20 – 25 Junie 2025).
  • Persoonlike aanbevelings oor die feesprogram met eksklusiewe toegang tot die Woordfeeskaartjieskantoor vir vroeë bespreking.
  • Twee uitnodigings na:
    – Programbekendstelling (kry jou feesgids hier)
    – Visuele kuns-opening
    – Stellenbosch Woordfees-langtafel
    – Spesiale funksie vir Feesfilantrope
    – Twee uitnodigings na ’n eksklusiewe ontbytsessie met kunstenaars en lede van die Stellenbosch Woordfees-direksie
  • Persoonlike verblyfbespreking teen die onderhandelde Stellenbosch Woordfees-tarief.
  • Eksklusiewe toegang vir twee tot die Stellenbosch Woordfees se BBP-lokaal vir die volle duur van die fees, etes ingesluit (11 – 19 Oktober 2025).
  • Spring lang rye vry – kry prioriteitstoegang by feeslokale met twee spesiale BBP-akkreditasiekaarte.
  • Twee pendeldienskaartjies, geldig vir die volle duur van die fees (11 – 19 Oktober 2025).
  • 20% afslag vir twee op uitgesoekte programitems – klik hier vir die lys.
  • Jy maak dit moontlik vir 40 leerders (van jou keuse van skool) om ’n produksie by die Stellenbosch Woordfees by te woon.
  • Die opsie om jou naam in die feesgids of op die webwerf te laat plaas.