Pietman Retief neem feesgangers namens die Stellenbosch-museum op ’n lieflike aandwandeling deur die middedorp. Soos hy almal deur die bekende strate begelei, gesels hy oor die geskiedenis van die historiese geboue en vertel ook interessante staaltjies oor die dorp. Bring gemaklike stapskoene en ’n trui.