Elke feesdag het daardie oomblik wanneer die laaste verhooglig uitdoof en die skare huis toe gaan, maar jý, jý is nog lank nie reg om te gaan slaap nie. Moenie vrees nie: Die Toyota Stellenbosch Woordfees het vanjaar die perfekte kuierplek vir siele wat nie maklik rus vind nie. Kom kuier elke aand om 22:00 by die Afterpaartie – ’n laatnag-geleentheid waar die musiek aanhou lank nadat die formele program klaar is. Van Suid-Afrika se voorste blues-, rock- en jazzkunstenaars gaan sorg vir vonke. Musikante is welkom om hul instrumente saam te bring en dalk selfs ’n draai op die verhoog te maak saam met die kunstenaars van die aand. Hier word jam sessies gebore, nuwe vriende gemaak en herinneringe geskep. Dis nie net ’n kuier nie – dis waar die fees familie word.