Met Nick Turner & vriende
Nick Turner, bekroonde kitaarspeler en liedjieskrywer wat bekend is vir sy werk met Sons of Trout en die Solms-Delta-projek, bring ’n groep uitsonderlike musikante bymekaar vir ’n aand van meesterlike spel, spontaneïteit en onvergeetlike musiek.
Elke feesdag het daardie oomblik wanneer die laaste verhooglig uitdoof en die skare huis toe gaan, maar jý, jý is nog lank nie reg om te gaan slaap nie. Moenie vrees nie: Die Toyota Stellenbosch Woordfees het weer vanjaar die perfekte kuierplek vir siele wat nie maklik rus vind nie. Kom kuier van Maandag tot Saterdag om 22:00 by die Afterpaartie – ’n laatnag-geleentheid waar die musiek aanhou lank nadat die formele program klaar is. Van Suid-Afrika se voorste blues-, rock- en jazzkunstenaars gaan sorg vir vonke.