Met Robin Auld Trio
Onder leiding van die legendariese liedjieskrywer Robin Auld vermeng hierdie trio folk, rock, blues en Afrika-invloede in ’n versameling liedjies wat getuig van hul groot hart, swerflus en uitstaande musikale vernuf.
Elke feesdag het daardie oomblik wanneer die laaste verhooglig uitdoof en die skare huis toe gaan, maar jý, jý is nog lank nie reg om te gaan slaap nie. Moenie vrees nie: Die Toyota Stellenbosch Woordfees het vanjaar weer die perfekte kuierplek vir siele wat nie maklik rus vind nie. Kom kuier van Maandag tot Saterdag om 22:00 by die Afterpaartie – ’n laatnag-geleentheid waar die musiek aanhou lank nadat die formele program klaar is. Van Suid-Afrika se voorste blues-, rock- en jazzkunstenaars gaan sorg vir vonke.