Afterpaartie: World Peace Ensemble

Toyota Musiekfees
Gesin
120 Minute
8 Oktober
22:00
R30 | R60 by die deur

Met World Peace Ensemble

Die World Peace Ensemble lewer ’n vreeslose klankreis waarin diep grooves, jazzimprovisasie en wêreldritmes saamsmelt in ’n kragtige viering van musikale eenheid.

Afterpaartie
Elke feesdag het daardie oomblik wanneer die laaste verhooglig uitdoof en die skare huis toe gaan, maar jý, jý is nog lank nie reg om te gaan slaap nie. Moenie vrees nie: Die Toyota Stellenbosch Woordfees het vanjaar die perfekte kuierplek vir siele wat nie maklik rus vind nie. Kom kuier van Maandag tot Saterdag om 22:00 by die Afterpaartie – ’n laatnag-geleentheid waar die musiek aanhou lank nadat die formele program klaar is. Van Suid-Afrika se voorste blues-, rock- en jazzkunstenaars gaan sorg vir vonke.