Antjie Krog se eerste digbundel het in 1970 verskyn. Siphokazi Jonas debuteer 54 jaar later, in 2024. In hierdie gesamentlike voorlesing wys die Woordfees se feesdigters vir ons wat ons alles deel, hoe ons menslikheid rym en waar ons aanknopingspunte met mekaar kan vind ondanks al die dinge wat ons in hierdie land verdeel. Siphokazi en Antjie ondersoek albei die mag van die woord om brûe te bou en vir ons toegang te gee tot mekaar se ervarings én die ruwe krag van poëtiese taal.