ALMA OP PAD

Filmfees
13
17 Minute
Oktober
18:30
Oktober
15:30
Oktober
18:00
Oktober
15:30
Gratis

SILWERSKERMFEES 2025: KORTFILM (OPKOMEND)

Hierdie jaar breek Alma se familie weg van hul tradisie. Haar ma, wat smag na verandering, bespreek teen haar man se wense, vir hulle ’n vakansie by ’n nuwe strandplek, terwyl die 12-jarige Alma net gefokus is daarop om die hele reis met haar videokamera vas te lê. Wanneer dit blyk dat die nuwe vakansieplek nie geskik is vir hul behoeftes nie, vertel Alma ’n wit leuen waarby haar ma inval. ’n Reeks teleurstellings volg, en wanneer die spanning tussen haar ouers breekpunt bereik, moet Alma besluit wat om te bewaar en wat om te laat gaan. ’n Tere film oor grootword, ontkenning en die stil opofferings wat ons maak ter wille van die liefde.

11 Oktober 18:30 Neelsie 1

12 Oktober 15:30 Neelsie 2

15 Oktober 18:00 Neelsie 1

17 Oktober 15:30 Neelsie 2

Met Chrystal Conradie, Laudo Liebenberg, Amalia Uys, Gerhard Conradie

Vervaardiger Charlie Hey
Produksiehuis STILLKING
Regisseur Jana-Marie Hey
Draaiboekskrywer Jana-Marie Hey
Redigeerder Canya Cruywagen
Kinematograaf Jorrie van der Walt
Klankbaan Johnnie de Ridder