Amanda Strydom, doyenne van Afrikaanse musiek; Coenraad Rall, pianis, komponis en musiekregisseur; en Susan Mouton, befaamde tjellis. Saam weef dié drie meesters met musiek, poësie, stories en ’n deeglike skeut humor ’n tapisserie van weerloosheid, liefde en genesing. Ons breek maklik, ons kneus en dan kom daar ’n balsem, ’n genesing.
Dié produksie vier die krag van die menslike gees, genade en genesing. “Jy kan my breek, jy kan my slaan, jy kan my sê dat ek moet gaan – ek sal staan.”