Met Amanda Strydom en die Kaapstadse Filharmoniese Orkeso.l.v.Jason Athert
Amanda Strydom, akteur, sanger, skrywer en doyenne van kabaret en musiekteater, vier vanjaar haar sewentigste verjaarsdag en sewe en veertig jaar in die vermaaklikheidsbedryf. Amanda se pad was nie altyd maklik nie, maar haar kunstenaarskap en haar sonderlinge vertolkingsvermoë laat haar uitstyg en maak haar ’n baken van hoop. Sy’s nog hier, nog driftig, nog springlewendig!
Die suiwer klanke van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes is die perfekte pasmaat vir Strydom se stem: balsem vir die siel wat die gehoor gaan bekoor.
Kom hoor wat gebeur as mens sewe dekades se sielvolle lewe tot musiek distilleer.
Musiekregisseur Janine Neethling