Met EuiHyun Park (bas–bariton),Pieter Grobler(klavier), Brooklyn Theatre Salon Ensemble
Salon Music bied aan ’n betowerende huldeblyk aan die goue era van sang in Italië. Die Koreaanse bariton EuiHyun Park tree op saam met die Brooklyn Theatre Salon Ensemble onder leiding van Suzanne Martens. Dit is ryk program vol hartstog en elegansie, en strek van Antonio Vivaldi tot Ruggero Leoncavallo. Kom luister gerus na hierdie boeiende konsert met die fluweelklanke van ’n wêreldklas-stem en uitgesoekte jong Stellenbosse strykers.
Orkestrasie en musiekverwerking Willem Vogel
Ondersteun deur die Rupert-musiekstigting, Koreaanse Kultuursentrum, Fine Music Radio, Brooklyn Theatre TV