André Schwartz: Gesigte

Toyota Musiekfees
75 Minute
14 Oktober
14:00
16 Oktober
17:30
18 Oktober
20:30
R200-R270 | R230-R300 by die deur

Die multimediaproduksie Gesigte vertel van die kwesbare herinneringe aan ’n legio kosbare mense in André Schwartz se lewe met liedjies soos “From Both Sides Now”, “First Time Ever I Saw Your Face”, “The Rose” en André se eie treffers. Op die skerm word die werk van die internasionaal bekroonde portretkunstenaar André Serfontein tot lewe gewek deur die digitale kunstenaar Seun. Die produksie is by Momentum Aardklop benoem as beste musiekgedrewe produksie.

Met André Schwartz, L. Ruben Gerritz (kitaar)

Regisseur Etienne Puren
Visuele elemente André Serfontein