Antjie Krog is klaar geskryf, sê sy. Binnerym van bloed is haar laaste boek. In hierdie outobiografiese roman wil sy ’n manier vind om gesprekke met haar ma, Dot Serfontein, voort te sit, om “afsluitende helderheid [te] probeer kry”. Die digter wat aan baie van ons bekend geraak het met ’n geliefde gedig oor haar ma, sluit haar lewe as skrywer af met ’n boek oor haar ma wat genres oorskry en taboes oopskryf. Andries Bezuidenhout lei ’n intieme gesprek oor ’n roerende boek waaruit Antjie ook voorlees – in Afrikaans en Engels.