’n Keur van moderne en kontemporêre stillewes
Hierdie uitstalling oorbrug die gaping tussen historiese tradisie en kontemporêre ondersoek. Die konsep van ’n stillewe word vandag steeds verken. Hoewel die klassieke motiewe van blomme, materiale en kos behoue bly, kan die onderwerp ook persoonlike, kulturele, mitologiese, religieuse en filosofiese temas verteenwoordig. Dié keur van werke – histories én kontemporêr – ondersoek hoe identiteit, kultuur, mitologie, oortuigings en wêreldbeskouings nie net vasgevang word deur die gebruik van ikonografie, simbole en objekte nie, maar ook daarop kommentaar lewer.
Die uitstalling bring ’n besondere keur van kunswerke uit die Kilbourn-versameling, die Caro Wiese-versameling, die Sanlam-kunsversameling en ander belangrike kunsversamelings byeen.
3 tot 11 OKT 09:00-17:00
Oude Leeskamer | Gratis