Wil jy self beleef hoe opwindend-interessant geboue die storie van ’n dorp kan vertel? Die kultuurhistorikus Matilda Burden sal jou met nuwe oë laat kyk na die hart van die Eikestad met sy argitektoniese juwele. Twee verskillende roetes word op alternatiewe dae aangebied.