Katie se huidige reeks verken die interspel van water op die menslike vorm. Sy wil dit nou in ’n nuwe rigting stuur met ’n dieptestudie van lig, vlug en gewigloosheid – en die eindelose moontlikhede van die lugruim. Vir haar kan die kreatiewe proses nooit voorafbepaal word nie; dit is ’n reisna verkenning en selfontdekking.