44 Skirts Fine Art Studio, Plaas 350 deel 4, Jonkershoek
Trude Gunther is multidissiplinêre kunstenaar wat belangstel in die magiese en die bestaan van menswees. Sy het ’n meestersgraad in iIllustrasie, asook verdere kwalifikasies in beeldende kunste en teater. Vanuit ’n hoogs persoonlike en eksperimentele perspektief ondersoek haar kuns temas van bestaan, katarsis en die skoonheid van alledaagse oomblikke. Sy gebruik ’n uiteenlopende mengsel van materiale en gelaagde narratiewe tekeninge om haar daaglikse gedagtes uit te druk.