Die 60ste wenner van ATKV-Tienertoneel maak vanjaar ’n buiging op die Toyota Stellenbosch Woordfees-verhoog kort ná die naelbyt-eindronde in Kaapstad. Meer as 3 000 tieners van reg oor Suid-Afrika het in 2024 met 187 produksies aan die kompetisie, die ATKV se oudste projek, deelgeneem. Slegs agt produksies kwalifiseer vir die finale uitdun. Kom ervaar en vier vanjaar se wenners saam met ons, en laat Suid-Afrika se jong talent jou meevoer met hulle verhoogvernuf.