Claude Bolling het ’n unieke Suite vir Tjello en Jazz Klaviertrio gekomponeer wat geïnspireer is deur die legendariese tjellis Yo-Yo Ma. Een van Suid-Afrika se voorste tjelliste, Peter Martens, span kragte saam met die Charl du Plessis Trio om dié aansteeklike musiek hier op Stellenbosch op te voer. Bolling se suite word voorafgegaan deur Bach se Suite no. 2 vir Solotjello, dié keer in ’n spesiale verwerking met ’n subtiele begeleiding vir ’n jazz-klaviertrio.