Before we get too cozy

EasyEquities Skrywersfees
Engels
60 Minute
11 Oktober
13:00
R50 | R80 by die deur

As jy van jou misdaad hou met ’n stewige skeut warmsjokolade, is knussies, ook bekend as cosy crimes, die genre vir jou. Bonnie Espie (Making a Killing), Tom Eaton (An Act of Murder) en Andrea Shaw (Unsolicited) gesels met Jonathan Amid oor dié tendens en hoe misdaadboeke verryk kan word deur ook in die ligter kant van die lewe te delf. Amateurspeurders, klein dorpies en koddige karakters is alles kenmerke van ’n goeie knussie – en dié drie skrywers weet net hoe om die perfekte hoeveelheid humor met die satisfaksie van ’n verrassende oplossing te vermeng.

Aangebied deur Penguin Random House, Jacana, Kwela