Behind prison walls

EasyEquities Skrywersfees
Engels
58 Minute
16 Oktober
16:00
R50 | R80 by die deur

Is swaarder tronkstraf die antwoord op Suid-Afrika se epidemie van gewelddadige misdaad? Oudregter Edwin Cameron se besoeke aan korrektiewe fasiliteite het hom oortuig dat tronke eerder misdaad bestendig. In Behind Prison Walls stel Cameron en sy medeskrywers, Rebecca Gore en Sohela Surajpal, die saak vir tronkhervorming en ander aanbevelings oor hoe om veiligheid en geregtigheid in ons land te help seëvier. Daniel Steyn, wat self ’n ding of twee oor tronke weet ná sy ondersoeke oor die Thabo Bester- saak, lei die bespreking en vind meer uit oor die skrywers se voorstelle oor borgtog, dwelmwette en ander kwessies.

Aangebied deur Tafelberg