Aangebied deur Penguin Random House
Bella’s Kitchen isIsabella Niehausse liefdesbrief aan die mense wat belangrik is in haar lewe, maar ook aan haarself. Dit is deels ’n kookboek en deels ’n oordenking van elke stadium van haar lewe – van haar grootworddae op die Vrystaatse platteland en haar tyd as glansryke moderedakteur en liefdevolle moeder tot suksesvolle restaurantgasvrou en bekroonde skrywer. Reuben Riffel sal met Bella gesels. Sluit by ons aan vir haar stories en ’n demonstrasie van ‘n paar heerlike resepte.