Bethulie: My lewe in die kamp

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
Gesin
60 Minute
8 Oktober
10:00
R50 | R80 by die deur

Aangebied deur Tafelberg

Die 23-jarige Rensche van der Walt se aangrypende dagboek vertel van die lewe in die Bethulie-konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), of te wel die Suid-Afrikaanse Oorlog. Sy skryf in skokkende detail oor die siektes, wanvoeding en oorbevolking wat Boeregesinne daar moes verduur. Dit word nou vir die eerste keer in 60 jaar weer uitgegee. Van der Walt se dagboek word verryk met hoofstukke deur historici soos dr. Johan van Zÿlvan die Oorlogsmuseum en die Suid-Afrikaanse oorlogkenner prof. Fransjohan Pretorius. Esté Kotze gesels met dr. Van Zÿl.