Bietjie koffie met jou staatsgreep

Spier Toneel
Multilingual
Gesin
65 Minute
5 Oktober
19:30
9 Oktober
17:30
R180-R210 | R210-R240 by die deur

STANDUP

Met Marianne Thamm

Die ondersoekende joernalis en satirikus Marianne Thamm keer terug na die verhoog met ’n splinternuwe stuk performance journalism. In ’n land waarin staatsgrepe, korrupsie, blou ligte, die Zillenator en Brazilian butt lifts die nuus oorheers, ontleed Thamm Suid-Afrika se absurde politieke werklikheid met skerp humor, insig en bytende satire. Van opspraakwekkende nuuskonferensies tot verkiesingskoors vra hierdie tragikomedie: Wat op dees aarde is werklik aan die gang?