Aangebied deur Tafelberg
As grootoogseun in die ou Oos-Transvaal het Louis Jansen van Vuuren nooit kon dink hy sal eendag ’n château in die Franse platteland besit nie. Kom luister na sy kostelike vertellings oor sy lewe in Frankryk, terwyl jy smul aan varsgebakte bageuttes met fynproewersvulsels en heerlike wyn by die wonderskone KleinBlouKlip-landgoed. Jak de Priester vra Van Vuuren uit oor die Franse se vreemde gewoontes en ander brokkies uit sy jongste boek, Biltong en Dior.