As grootoogseun in die ou Oos-Transvaal het Louis Jansen van Vuuren nooit kon dink hy sal eendag ’n château in die Franse platteland besit nie. Kom luister na sy kostelike vertellings oor sy lewe in Frankryk, terwyl jy smul aan uithang sjefsete met heerlike wyn op Die Stoep by die wonderskone Vriesenhof Wynplaas. Esté Raaf vra Van Vuuren uit oor die Franse se vreemde gewoontes en ander brokkies uit sy jongste boek, Biltong en Dior. Daarna is dit balke toe met ‘n paar lekker musikale ballades deur Raaf.