SILWERSKERMFEES 2025: KORT DOKUMENTÊR
Dinge gaan nie goed in Roger Wilters se persoonlike lewe nie, en die huis wat eens vol familielewe was, is nou stil. In die rofstoeikryt kon Roger homself uitleef en vergeet van sy probleme, maar nou het die enigste rofstoeiklub in Bothaville toegemaak. Hy besluit ophou stoei, is nie ’n opsie nie. Maar sal hy daarin kan slaag om ’n erkende rofstoeier te word in ’n kleindorpse gemeenskap. Sal die dorp sy rofstoei-ambisie ondersteun, of gaan dit maar net ’n droom bly?
13 Oktober 14:00 Neelsie 1
14 Oktober 14:00 Neelsie 2
15 Oktober 15:00 Neelsie 1
16 Oktober 14:30 Neelsie 2