Aangebied deur Protea Boekhuis
Jean Meiring is een van ons land se voorste boekresensente. Hy benader resensiekuns nie as ’n vinnige oordeel of verbruikersgids nie, maar as ’n vorm van openbare denke. Boei, ’n bundel waarin 85 van sy boekresensies oor twee dekades byeengebring is, dien as die vertrekpunt vir ’n breër gesprek oor resensies, en hoe sake in die plaaslike literêre resensie-toneel staan. Deborah Steinmair en Kerneels Breytenbach gesels saam.