Skryf is blykbaar ’n eensame besigheid, maar dit hoef nie te wees nie. Het jy al gehoor van die Bloomsbury Set, die Inklings, Stratford-on-Odeon of die Harlem Renaissance? Van jou gunstelingskrywers – Virginia Woolf, J.R.R. Tolkien, C.S. Lewis, Langston Hughes, Ernest Hemingway, F. Scott Fitzgerald en Gertrude Stein, om maar ’n paar te noem – was in ’n stadium deel van ’n skrywersgroep: vir ondersteuning, geselskap, omkennis te deel of om saam-saam te sorg dat die skryfwerk klaarkom. Kom sit en skryf saam met ander skrywers en vorm ’n netwerk wat jou werk kan help voed.