Met Roland du Preez, Celeste Loots
Boerlesqueis Afrikaans se verjaardagpartytjie. Afrikaans het verlede jaar amptelik 100 jaar geword, en ons vier dit met ‘n kabaret! Boerlesque is beïnvloed deur drag en kabaret, en gevul met sang, choreografie en spitsvondige koorkomedie. Dit is ‘n vertoning vir gemarginaliseerde Afrikaners, ‘n viering van Afrikaans deur mense wat soms sukkel om tuis te voel in die taal: queers, femmes en mense van kleur, onder andere.
Boerlesque is vir diegene wat lief is vir Afrikaanse kultuur en mense wat dink Afrikaans is ‘n bietjie beknop. Aan wie behoort Afrikaans?
Vervaardiger Remedy-produksies
Regisseur Bianca Flanders
Skrywer Roland du Preez
Choreografie, ontwerp Bianca Flanders, Roland du Preez