Boesak: Unauthorised

EasyEquities Skrywersfees
English, Afrikaans
75 Minute
5 Oktober
18:45
R75 | R105 by die deur

Aangebied deur African Perspectives

Toe die apartheidsregering gedink het alle teenkanting is stilgemaak, het die uitdagende stem van Allan Boesak uit Kaapstad opgeklink. Die joernalis Dennis Cruywagen ondersoek hierdie komplekse nalatenskap in sy boek Boesak: Unauthorised. Hy volg Boesak se pad van vreeslose anti-apartheidsleier tot die eerste hoëprofiel-aktivis wat ná 1994 tronk toe gestuur is. Cruywagen en die mediapersoonlikheid Heindrich Wyngaard bespreek hoe Boesak die staat se smeerveldtogte oorleef het, sy omstrede sondeval, en die onvervulde droom van ’n Suid-Afrika waar almal werklik gelyk is.