Boesman en Lena

Spier Toneel
Afrikaans
Geen o.13 (T, G, V)
100 Minute
15 Oktober
14:30
16 Oktober
20:00
18 Oktober
13:00
18 Oktober
17:00
19 Oktober
14:00
R180-R265 | R210-R295 by die deur

Boesman en Lena is twee hawelose randfigure – uitgelewer aan mekaar, die elemente en ’n politieke bestel wat hulle nie ag nie. Athol Fugard se ikoniese stuk bied ’n boeiende blik op die kompleksiteit van verhoudings en maatskaplike ongeregtigheid. Dit is ook ’n viering van die krag en weerbaarheid van die menslike psige, en ons universele behoefte aan hoop, meelewing en menslikheid. ’n Gepaste huldiging aan Suid-Afrika se grootste dramaturg wat vroeër vanjaar oorlede is.

Met Lee-Ann van Rooi, Brendon Daniels, Tshamano Sebe

Regisseur Christo Davids

Skrywer Athol Fugard

Vertaler Vinette Ebrahim

Produksiebestuurder Nwabisa Plaatjies

’n Ko-produksie deur Momentum

Aardklop en Toyota Stellenbosch

Woordfees, ondersteun deur NATi,

Festival Enterprise Catalyst (FEC) in samewerking met die Jobs Fund