Booshle Gwas ’n jeugpastoor in sy vroeë twintigs in Kariega (Uitenhage) in die Oos-Kaap voordat hy ’n internasionale hiphop-sensasie geword het met optredes in onder meer Bristol, München, Zürich en Amsterdam. Sy musiek is ’n mengsel van pop, indie, hiphop en gospel. Hy sing oor identiteit en selfontdekking en sy musiek dra ’n boodskap van volharding oor – selfs in sy liedjies oor pyn is daar ’n sterk element van hoop en herstel. Dié spirituele dimensie in sy musiek in kombinasie met sy energieke optredes is ’n ervaring wat jou lank sal bybly. Die Suid-Afrikaanse sangeres Tatum Tideshet Booshle G vroeër vanjaar op sy Europese toer vergesel en tree om 18:00 in die voorprogram op.