Bridling is Nadia Davids se verhoogverwerking van haar gelyknamige kortverhaal wat met die Caine-prys bekroon en deur die beoordelaarspaneel geloof is as “ ’n triomf van taal, storievertelling en waagmoed”. Dit skets ’n akteur se reis van oudisie tot openingsaand met donker, ontstellende metakommentaar oor kreatiwiteit, feminisme, kompromie en rebellie. ’n Voortreflike multidissiplinêre werk in Jay Pather se innoverende styl wat teks, beweging, stel en beeld naatloos laat saamsmelt.