Aangebied deur Kwela en Queillerrie
Ons feesdigter, Tom Dreyer, se gedigte is nie hoogdrawend of hoogheilig nie. Sy werk maak ’n mens opnuut bewus van die wonderwerke wat gewone dinge dikwels is, en leer jou hoe om met nuwe oë na die wêreld om jou te kyk. Slaan jou nuwe oë op vir dié gratis voorlesing uit Dreyer se twee bundels, Nou in infrarooi en Brief op veertigduisend voet. Die verhoog is die Erfurthuis se balkon – dis waar jou daaglikse dosis poësie vandaan sal kom.