Coenie de Villiers: Wie kan my sê van die liefde?

Toyota Musiekfees
Afrikaans
70 Minute
14 Oktober
17:30
15 Oktober
20:00
R200-R270 | R230-R300 by die deur

Die musiekmaestro Coenie de Villiers delf met hierdie produksie diep in sy liedereskat van bykans 50 jaar en ontgin komposisies en lirieke wat die liefde in al sy gedaantes bekyk. Hy besing die skoonheid en vreugde daarvan, maar daar is ook van die aangrypendste liedere in Afrikaans wat die verlies van liefde vasvang – liefde, daardie ontwykende vlinder van geluk. Dit is die eerste keer dat De Villiers hierdie universele tema in ’n enkele vertoning aanroer.