Sven Axelrad het hom in ’n rekordtyd gevestig as die liefling van die plaaslike boekewêreld. Sluit by hom aan vir ’n intieme gesprek oor sy jongste roman, The Nicotine Gospel, ’n road trip-storie wat twee broers se reis na hulle pa se begrafnis volg. Die pa het die seuns grootgemaak om te glo ’n boksie sigarette kan jou alles vertel wat jy van ’n man moet weet. Bibi Slippers gesels met Sven en gee jou ook die geleentheid om hom enigiets te vra – alles oor ’n koppie koffie en, indien jy lus voel, ’n sigaret.