In Januarie 2025 het Laurika Rauch aangekondig sy tree finaal uit die musiekbedryf. Sy laat egter ’n skatkis vol van die mooiste musiek en herinneringe na. Die groep Coffee Snobs neem jou op ’n musikale reis met oorspronklike verwerkings van Laurika se mooiste treffers. Liedjies soos “Kinders van die wind”, “Blouberg se strand” en “Vier seisoene kind” trek ’n nuwe baadjie aan, maar behou die essensie van die musiek waarvoor ons almal so lief geword het.