Met Vernette Wessels(sang en kitaar), Marius Wessels(baskitaar), Gavin Young(tromme), Charlie Botha(sang en kitaar)
Voëlvry is ’n kragtige musikale huldeblyk aan ’n geslag baanbreker-liedjieskrywers soos Johannes Kerkorrel, Koos Kombuis en Anton Goosen wie se woorde en klanke steeds op verhoë, in harte en deur nuwe stemme weerklink. Die Coffee Snobs blaas nuwe lewe in hierdie ikoniese era sonder om die onmiskenbare siel daarvan te verloën. Dis liedjies wat diep sny, troos, uitdaag en jou laat vóél – rou, eerlike musiek wat nie bang is nie en met iets om te sê. Onbeskaamd in Afrikaans.