Die sakejoernalis Ryk van Niekerk kry die hele storie oor Curro by die man wat die skolegroep begin het en die vrou wat steeds een van die groep se leiersfigure is. Dr. Chris van der Merwe, die onnie wat ‘n sakereus geword het, het Curro in 1998 met sy skeidingspakket begin, en dit uitgebou tot ‘n Suid-Afrikaanse suksesverhaal. Mari Lategan, adjunk- uitvoerende hoof, gesels saam oor die nuwe boek Curro: The Art of Creating True Wealth, wat Van der Merwe saam met Elmari Rautenbach geskryf het.