Klassieke musiek
60 Minute
12 Oktober
14:30
R190-R270 | R220-R300 by die deur

Da Capo! – dit beteken “gaan terug na die begin” – was die openingskonsert vir vanjaar se Franschhoekse Kamermusiekfees. Die openingswerk, “Passacaglia” deur die Noorweegse komponis Johan Halvorsen, is gegrond op ’n klavesimbelsuite van G.F. Handel en vorm ’n triomfantelike ouverture vir die verruklike musiek wat volg: die eerste blaaskwintet van Anton Reicha, ’n tydgenooit van Ludwig van Beethoven wat dieselfde harmoniese taal praat, en die ikoniese Klarinetkwintet van W.A. Mozart, een van die mooiste kamermusiekstukke wat ooit geskryf is.

Met Philip Martens (viool), Peter Martens (tjello), Louisa Theart (fluit), Carin Bam (hobo), Danielle Rossouw (klarinet), Lieze Nel (Franse horing), Arno Steyn (fagot), Féroll-Jon Davids (klarinet), Matthew Campbell-Stead (viool), Azra Isaacs (altviool)

Aangebied deur die Kaapstadse Filharmoniese Orkes