Die Woordfees se eerste Dag van poësie bring digters van Suid-Afrika, Kanada, Peru en
Vlaandere byeen om poësie te lees, te bespreek en uit te voer. Hier is verteenwoordigers
van verskillende geslagte aan die woord, verenig in hul liefde vir taal met skop, woorde
met waarde en beelde wat jou bybly. ’n Dagkaartjie gee jou toegang tot al die voorlesings
en besprekings en is ’n geleentheid om skouers te skuur met poëte, profete en performers.
Die jongste digbundels is by die boekwinkel te koop – maak die digters se dag en vra hulle
om jou boek te teken.