By die Toyota Stellenbosch Woordfees se tweede Dag van poësie vier die digkuns hoogty. Poësie word voorop gestel met voorlesings, voordrag en in-diepte besprekings. ’n Verskeidenheid digters se stemme word gehoor en gevier, en ons huldig een van die groot geeste wat haar lewe aan hierdie hogere kunsvorm gewy het. Kom luister en ervaar die onverdunde plesier van ’n goeie vers of vyf. ’n Dagkaartjie gee jou toegang tot die hele dag se aksie, en al die jongste bundels is by die boekwinkel te koop.